Insig-Boektafels met Ruda Landman
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman is dié kwartaal drie kuiergeleenthede saam met Ruda en Etienne van Heerden (Asbesmiddag). Dit sluit in ’n onderhoud met die skrywer, ’n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop. Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede.
Die etes is op Vrydag 22 Februarie in Bloemfontein by Ilanga Estate (18:30 – 21:00), 23 Februarie in Pretoria by Eat@essence (13:00 – 15:30) en op Sondag 9 Maart op Stellenbosch by Blaauwklippen Vineyards (12:00 – 14:30).
- Om te bespreek kontak vir Raiël le Roux by boekeinsig@insig.com of skakel 021 417 1126







Please register or log in to comment
» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat