About Boeke-Insig
WAT IS BOEKE INSIG?
Die tydkskrif, Boeke-Insig is einde September 2007 op die Aardklop-kunstefees bekendgestel en bevat 64 bladsye van boekenuus, onderhoude, boekklubnuus en –foto’s, artikels en al die ekstras rondom boeke. Die Boeke-Insig webwerf is ’n virtuele gemeenskap waar boeke-belangstellendes van oor die wêreld heen aan gesprekke oor boeke kan deelneem en hul eie resensies kan skryf. Die kwartaallikse Boektafel is kuiergeleenthede saam met Ruda Landman waar sy ’n onderhoud met ’n skrywer by ’n ete voer en die gaste geleentheid kry om vrae te stel en getekende boeke te koop.
Ons doel is om ’n lekker en ontspanne boekegemeenskap te stig, wat lees onder jonk en oud bevorder, hoofsaaklik rondom goeie Afrikaanse of Suid-Afrikaanse boeke.
Our aim is to establish a relaxed book community that encourages the reading of mainly Afrikaans and South African literature among young and old.
Hoe werk ons boekklub?
Vir net R200 per jaar kry jy:
- ‘n Kwartaallikse tydskrif te waarde van R24.95
- Gratis e-nuusbriewe
- Afslag op Insig boektafels
- 20% afslag by kalahari.net
- En baie meer…
Sluit nou aan vir slegs R200 per jaar!
Kontak ons:
Algemene navrae: Raiël le Roux
Tel: 021 417 1126
E-pos: raiel.leroux@newmediapub.co.za
Webredakteur: Anja Carstens
Tel: 021 417 1191
E-pos: anja.carstens@newmediapub.co.za
Tydskrif navrae: Alicia Erasmus
Tel: 021 417 5151
E-pos: alicia.erasmus@newmediapub.co.za
Boekklub-lede: Raiël le Roux
Tel: 021 417 1126
E-pos: raiel.leroux@newmediapub.co.za
Please register or log in to comment