Wat lees jy?

Help Boeke-Insig om jou leesgewoontes beter te verstaan en staan ‘n kans om ‘n boeke-geskenkpak te wen!

Help Boeke-Insig om jou leesgewoontes beter te verstaan en staan ‘n kans om ‘n boeke-geskenkpak te wen!

Die skrywer Joseph O’Neill se roman, Netherland, is aangewys as die beste boek van 2008 deur die Amerikaanse tydskrif The Week.
Die tydskrif het ‘n lys van die agt beste boeke van 2008 saamgestel op grond van keuses deur die daaglikse nasionale koerante, » read more

Skrywer Tom Lanoye en kunstenaar Jan Vermeiren by die bekendstelling van Tom se verhaalbundel ‘n Slagterseun met ‘n brilletjie in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo, Huis der Nederlanden 29 November 2008.
Die Boeke-Insig-span is baie opgewonde om almal in kennis te stel dat die Kaapstad-foto’s van die Boektafel met PG du Plessis en Dana Snyman, geborg deur Boland Kelder, pas op ons webwerf gelaai is.
Daar is ook nog kans om vir twee persone as geskenk in te teken op die Boeke-Insig-tydskrif vir net R300! Lidmaatskap is gewoonlik R200 per persoon, so dit is ‘n besparing van R100. Die lidmaatskap is vir ‘n jaar en sluit al die gewone voordele in, asook ‘n geskenkboks met ‘n bottel wyn van SONOP wynkelder, en die boek ’n Wonderlike Geweld deur Elsa Joubert. Stuur ‘n e-pos aan raiel.leroux@newmediapub.co.za vir meer inligting.
Boeke-Insig nooi ook alle lesers en gaste om vir ons ’n brief (kort of lank) te skryf oor jou ondervinding van die Boektafel en/of oor die tydskrif self. Die beste brief sal ’n R500 geskenkbewys met komplimente van Kalahari.net ontvang. Stuur asb. alle briewe na raiel.leroux@newmediapub.co.za vóór 10 November. Die wenner vir die beste brief sal in die Somer 2009-uitgawe op die Brieweblad aangekondig word.
![]()
![]()
![]()
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman, geborg deur Boland Kelder, is dié kwartaal twee kuiergeleenthede saam met Ruda, P.G. du Plessis en Dana Snyman. Dit sluit in ’n onderhoud met die skrywers, ’n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop.
Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon
vir nie-lede. Die etes is op Vrydag 10 Oktober in Kaapstad by D’Aria (12:00-15:00) en op Saterdag, 18 Oktober, in Pretoria (12:00-15:00, venue sal aangekondig word).
Kontak vir Raiël le Roux by 021 417 1126 of boekeinsig@insig.com. om vandag nog jou plek te bespreek.
Op Saterdag, 26 Julie was dit Gauteng se beurt om die Insig-Boektafel met illustreerders te geniet. Piet Grobler, Jeanine Henning en Diek Grobler het oor hul werk as illustreerders gesels. Die Eat@Essence restaurant in Pretoria, het weereens oortref met ‘n heerlike spyskaart en die wyn is deur Boland Kelders geborg.
Foto’s
Ons wil graag ons dank uitspreek teenoor Zoopy wat die video vir Boeke-Insig opgeneem het. Kom kyk:
» read more
Christchurch in New Zealand, se groeiende Afrikaanse gemeenskap sal vanaf volgende week oor hul eie Afrikaanse boekversameling in dié stad se biblioteek beskik.
Christchurch se biblioteek- en inligtingbestuurder, Carolyn Robertson, sê die Afrikaanse versameling sal aanvanklik bestaan uit 250 boeke wat fiksie, nie-fiksie en kinderverhale sal insluit.
» read more
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman belowe om dié kwartaal iets heel buitengewoons te wees. Ons het twee kuiergeleenthede met Ruda, illustreerders en ’n kinderboekskrywer gereël. Maar daar is nie net onderhoude nie, ons gaan illustrasies wys en verduidelik hoe dit werk en ons gaan julle vermaak met die animasievideo van ’n baie bekende kinderboek.
Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede.
Die etes is op:
» read more
Net voor die afskop van die Franschhoek Literêre Fees het Danie Marais die kans gekry om met een van sy helde, die Pulitzer-wenner, Richard Ford, by die Book Lounge te gesels. Die span van Boeke-Insig was by om die geleentheid vas te lê en ek het selfs Ford se The Sportswriter gekoop om te laat teken.
Klik hier vir die videogreep.
» read more