Welkom by die Boeke-Insig Blog

Welcome to the Boeke-Insig blog! We’ll start in English, for BOOK SA readers who may not be so fluent in Afrikaans.
Boeke-Insig, as many will know, is the new quarterly magazine established to fill the very large shoes of Insig. (For more on that, click here.) It was launched in September and we already have two issues under our belt!
It’s a beautiful publication – only available to subscribers, who, for just R200 a year, get a package of goodies for book lovers like no other: the magazine (a 64-pager), a fortnightly newsletter, R100 off the booking fee to attend the quarterly “Insig-Boektafel” with Ruda Landman, special discounts on books, entry to competitions and full access to our innovative website, which has, among other items, an extensive archive and a handy online book club management tool.
That should be enough to whet your appetite for now!
*
BOOK REVIEW – FROM THE LATEST BOEKE INSIG MAGAZINE
Geskiedenis is die oorvertel van die verlede, van die gebeure “wie es eigentlich gewesen war”, in die woorde van Leopold von Ranke. Maar met soveel opponerende waarhede wat met soveel oortuiging verkondig word in ’n sektariese land soos Suid-Afrika, hang jou siening van die waarheid dikwels saam met wat jy kies om te glo of te verswyg, en veral watter inkleding jy gebruik rondom die kil, harde, onomstootlike feite van getal, datum en plek.
Dit was Pieter-Dirk Uys wat ’n slag gesê het dat dit nie Suid-Afrika se toekoms is wat onseker is nie, maar die land se verlede. En as sowat dertig van die voorste kenners van die Suid-Afrikaanse geskiedenis ’n enkele algemene boek oor ons verlede skrywe, is dit benewens die lekkerte van behoorlike geskiedskrywing in werklik uitstekende Afrikaans ook nogal iets om te aanskou watter historiese figure geteken word as helde, en wie aan die agterspeen suig.
Die boek staan pens en pootjies in die model van liberale Suid-Afrikaanse geskiedskrywing, wat onder meer behels dat die ekonomie, politiek en maatskaplike kwessies gesamentlik en gelyk getakel word, dat die gelykskapenheid van alle mense aanvaar word en dat die verlede op die hede geprojekteer word (die wortel van menige omstredenheid). Hierdie uitgangspunt is ook grootliks ten gunste van die kapitalisme en demokrasie.
- Also available in English as New History of South Africa
Skrywer: Jan-Jan Joubert







Please register or log in to comment
» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat