Archive for the ‘Afrikaans’ Category
by Anja on Oct 24th, 2008
Die Boeke-Insig-span is baie opgewonde om almal in kennis te stel dat die Kaapstad-foto’s van die Boektafel met PG du Plessis en Dana Snyman, geborg deur Boland Kelder, pas op ons webwerf gelaai is.
Daar is ook nog kans om vir twee persone as geskenk in te teken op die Boeke-Insig-tydskrif vir net R300! Lidmaatskap is gewoonlik R200 per persoon, so dit is ‘n besparing van R100. Die lidmaatskap is vir ‘n jaar en sluit al die gewone voordele in, asook ‘n geskenkboks met ‘n bottel wyn van SONOP wynkelder, en die boek ’n Wonderlike Geweld deur Elsa Joubert. Stuur ‘n e-pos aan raiel.leroux@newmediapub.co.za vir meer inligting.
Boeke-Insig nooi ook alle lesers en gaste om vir ons ’n brief (kort of lank) te skryf oor jou ondervinding van die Boektafel en/of oor die tydskrif self. Die beste brief sal ’n R500 geskenkbewys met komplimente van Kalahari.net ontvang. Stuur asb. alle briewe na raiel.leroux@newmediapub.co.za vóór 10 November. Die wenner vir die beste brief sal in die Somer 2009-uitgawe op die Brieweblad aangekondig word.



» read article
by Anja on Sep 10th, 2008
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman, geborg deur Boland Kelder, is dié kwartaal twee kuiergeleenthede saam met Ruda, P.G. du Plessis en Dana Snyman. Dit sluit in ’n onderhoud met die skrywers, ’n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop.
Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon
vir nie-lede. Die etes is op Vrydag 10 Oktober in Kaapstad by D’Aria (12:00-15:00) en op Saterdag, 18 Oktober, in Pretoria (12:00-15:00, venue sal aangekondig word).
Kontak vir Raiël le Roux by 021 417 1126 of boekeinsig@insig.com. om vandag nog jou plek te bespreek.
» read article
by Anja on Aug 20th, 2008
Op Saterdag, 26 Julie was dit Gauteng se beurt om die Insig-Boektafel met illustreerders te geniet. Piet Grobler, Jeanine Henning en Diek Grobler het oor hul werk as illustreerders gesels. Die Eat@Essence restaurant in Pretoria, het weereens oortref met ‘n heerlike spyskaart en die wyn is deur Boland Kelders geborg.
Foto’s
» read article
by Anja on Jul 2nd, 2008
Ons wil graag ons dank uitspreek teenoor Zoopy wat die video vir Boeke-Insig opgeneem het. Kom kyk:
(more…)
» read article
by Anja on Jul 2nd, 2008
Christchurch in New Zealand, se groeiende Afrikaanse gemeenskap sal vanaf volgende week oor hul eie Afrikaanse boekversameling in dié stad se biblioteek beskik.
Christchurch se biblioteek- en inligtingbestuurder, Carolyn Robertson, sê die Afrikaanse versameling sal aanvanklik bestaan uit 250 boeke wat fiksie, nie-fiksie en kinderverhale sal insluit.
(more…)
» read article
by Anja on Jun 11th, 2008
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman belowe om dié kwartaal iets heel buitengewoons te wees. Ons het twee kuiergeleenthede met Ruda, illustreerders en ’n kinderboekskrywer gereël. Maar daar is nie net onderhoude nie, ons gaan illustrasies wys en verduidelik hoe dit werk en ons gaan julle vermaak met die animasievideo van ’n baie bekende kinderboek.
Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede.
Die etes is op:
(more…)
» read article
by Anja on May 28th, 2008
Net voor die afskop van die Franschhoek Literêre Fees het Danie Marais die kans gekry om met een van sy helde, die Pulitzer-wenner, Richard Ford, by die Book Lounge te gesels. Die span van Boeke-Insig was by om die geleentheid vas te lê en ek het selfs Ford se The Sportswriter gekoop om te laat teken.
Klik hier vir die videogreep.
(more…)
» read article
by Anja on May 8th, 2008
Die wêreld van die versamelaar is altyd ’n interessante subkultuur. In die meeste markte word die waarde van ’n artikel gemeet aan die monetêre waarde, die prys, daarvan. Maar vir die egte versamelaar is die geldwaarde van die kosbare seël, plaat, boek of modeltreintjie wat hy besit, net ’n stukkie toegevoegde waarde. ’n Ware versamelaar wil veel eerder koop as verkoop – sy versamelstukke is die boublokkies van ’n privaat koninkryk waar hy as alleenheerser die idiosinkratiese orde van dinge bepaal.
Ek praat met ’n bietjie gesag oor die wêreld van die versamelaar omdat ek self die verblindende, irrasionele opwinding ken wat ’n skaars uitgawe van ’n boek of ’n CD waarna ek lank op soek was, verskaf. Maar ek het beslis nie die skoot so hoog deur soos sommige van my vriende en kennisse nie. Ek het ’n ou in Duitsland geken wat ’n hele ekstra woonstel gehuur het, net om sy modeltreintjies – almal onaangeraak in hul oorspronklike verpakking – te huisves.
(more…)
» read article
by Anja on Apr 11th, 2008

Die Insig-Boektafel met Ruda Landman is dié kwartaal twee kuiergeleenthede saam met Ruda, Erika Murray-Theron en Nataniël.
Dit sluit in ‘n onderhoud met die skrywers, ‘n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop. Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede.
(more…)
» read article
by Anja on Apr 2nd, 2008
Emily Green, die 11-jarige dogter van ’n welaf Kaapse egpaar, gaan al haar lewe lank dood. Maar dan, op pad na ’n “geheime meisie”, val ’n 17-jarige seun van die plotte buite Johannesburg hom te pletter op sy Suzuki 50 cc – Emily kry nie net sy hart present nie, maar ook ’n nuwe lewe met nuwe bagasie en emosies. Sy begin skielik rook en vloek, luister na nuwe musiek en begeer ’n sakkige jean met ’n bokserbroek wat bo uitsteek. Sy sny ook haar hare kort en ontwikkel ’n lus na Wimpy-kaasburgers en bloederige steak.
Die skenker (naamloos tot die einde) lewe voort deur Emily en word ’n soort bemoeisieke beskermengel terwyl sy met die pyne en plesiere van adolessensie worstel: “I went to visit little Emily the other night. Dunno. Sounds crap, but she is kinda irritating the living shit out of me. I don’t want her to irritate me, but she is using me, a part of me, without me there is no her. So I do get to have a fucking say, hey.” (bl. 145)
(more…)
» read article