Archive for the ‘Afrikaans’ Category
by Anja on Mar 13th, 2008
Die pioniers van uitdagende plaaslike stripkuns, Anton Kannemeyer en Conrad Botes, betree ‘n nuwe fase met hul Bitterkomix-reeks. Danie Marais het hulle uitgevra oor hul planne en die faktore wat hul sukses bepaal. Ons plaas graag ‘n uittreksel van dié onderhoud op ons Boeke-Insig blog. Vir die volledige onderhoud besoek gerus www.boekeinsig.co.za.
Bitterkomix 15 het ’n nuwe uitgewer en ’n nuwe katalogus-formaat. Beteken dit ook ’n radikale verandering ten opsigte van die inhoud – ’n nuwe visie en missie?
AK: Die uitgewer is Jacana wat ook die Big Bad Bitterkomix Handbook uitgegee het. Hulle is werklik nogals agtermekaar, ek dink hoofsaaklik omdat hulle van Joburg af kom en nie die Kaap nie. Die nuwe formaat behels ’n dikker boek (96 bladsye in plaas van 60), ’n rugkant (spine), ’n kleurafdeling van 32 bladsye, beter gehalte papier – kortom, hoër produksiewaardes.
(more…)
» read article
by Anja on Feb 27th, 2008
“Jy kan hierdie boek soos goeie sjokolade benader. As jy genoeg wilskrag het, kan jy die 52 rubrieke – een vir elke week van die jaar – so ’n lekseltjie op ’n slag lees. Maar waarskynlik gaan dit jou so behaag dat jy alles op een slag sal verorber. Toemaar wat, anders as sjokolade, maak dit nie vet en veroorsaak geen skuldgevoelens nie.” – Marita van der Vyver
’n Keur uit Rachelle Greeff se rubrieke wat oor die jare in Die Burger en Rapport verskyn het. Rachelle skryf oor boeke, motorfietsry, kosmaak, kinders, troeteldiere en vleisbraai op nege rooi bakstene. Dikwels wil jy hardop lag, dikwels lees jy iets twee keer omdat dit so mooi en raak gestel is, dikwels kyk jy met ander oë na die wêreld om jou.
(more…)
» read article
by Anja on Feb 13th, 2008


Riana Barnard gesels oor haar en Deon Meyer se ontmoeting by die Frankfurt Boekeskou.
Duisende skougangers dreun voort op groot vervoerbande tussen die sale. “Heito,” hoor ek saam met ’n sagte plukkie aan my mou. Toe ek terugkyk, sien ek die breë gestalte van Deon Meyer wegraak tussen die menigte. Ek kom luister vanmiddag na jou, beduie ek terwyl sy bekende glimlag al kleiner word.
In Halle 4 pryk sy foto opsigtelik teen die blou muur van Aufbau, sy Duitse uitgewer. Deon sluit sy tiendaagse triomftog in Duitsland af met ’n optrede by die Frankfurt Buchmesse. Rustig en ontspanne gesels hy met tientalle aanhangers wat maar net nie genoeg kan kry nie.
(more…)
» read article
by Anja on Jan 14th, 2008
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman is dié kwartaal drie kuiergeleenthede saam met Ruda en Etienne van Heerden (Asbesmiddag). Dit sluit in ’n onderhoud met die skrywer, ’n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop. Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede.
Die etes is op Vrydag 22 Februarie in Bloemfontein by Ilanga Estate (18:30 – 21:00), 23 Februarie in Pretoria by Eat@essence (13:00 – 15:30) en op Sondag 9 Maart op Stellenbosch by Blaauwklippen Vineyards (12:00 – 14:30).
(more…)
» read article
by Anja on Dec 21st, 2007

Welcome to the Boeke-Insig blog! We’ll start in English, for BOOK SA readers who may not be so fluent in Afrikaans.
Boeke-Insig, as many will know, is the new quarterly magazine established to fill the very large shoes of Insig. (For more on that, click here.) It was launched in September and we already have two issues under our belt!
It’s a beautiful publication – only available to subscribers, who, for just R200 a year, get a package of goodies for book lovers like no other: the magazine (a 64-pager), a fortnightly newsletter, R100 off the booking fee to attend the quarterly “Insig-Boektafel” with Ruda Landman, special discounts on books, entry to competitions and full access to our innovative website, which has, among other items, an extensive archive and a handy online book club management tool.
(more…)
» read article