Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Boeke-Insig

@ Books LIVE

Danie Marais vertel meer oor “Dédicaces”

Besoeker Met DedicaceDie wêreld van die versamelaar is altyd ’n interessante subkultuur. In die meeste markte word die waarde van ’n artikel gemeet aan die monetêre waarde, die prys, daarvan. Maar vir die egte versamelaar is die geldwaarde van die kosbare seël, plaat, boek of modeltreintjie wat hy besit, net ’n stukkie toegevoegde waarde. ’n Ware versamelaar wil veel eerder koop as verkoop – sy versamelstukke is die boublokkies van ’n privaat koninkryk waar hy as alleenheerser die idiosinkratiese orde van dinge bepaal.

Ek praat met ’n bietjie gesag oor die wêreld van die versamelaar omdat ek self die verblindende, irrasionele opwinding ken wat ’n skaars uitgawe van ’n boek of ’n CD waarna ek lank op soek was, verskaf. Maar ek het beslis nie die skoot so hoog deur soos sommige van my vriende en kennisse nie. Ek het ’n ou in Duitsland geken wat ’n hele ekstra woonstel gehuur het, net om sy modeltreintjies – almal onaangeraak in hul oorspronklike verpakking – te huisves.
» read more

Boektafel met Ruda Landman, Erika Murray-Theron en Nataniël: Pretoria en Durbanville

Boektafel

Die Insig-Boektafel met Ruda Landman is dié kwartaal twee kuiergeleenthede saam met Ruda, Erika Murray-Theron en Nataniël.

Dit sluit in ‘n onderhoud met die skrywers, ‘n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop. Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede.
» read more

Emily Green and Me

Emily Green & MeEmily Green, die 11-jarige dogter van ’n welaf Kaapse egpaar, gaan al haar lewe lank dood. Maar dan, op pad na ’n “geheime meisie”, val ’n 17-jarige seun van die plotte buite Johannesburg hom te pletter op sy Suzuki 50 cc – Emily kry nie net sy hart present nie, maar ook ’n nuwe lewe met nuwe bagasie en emosies. Sy begin skielik rook en vloek, luister na nuwe musiek en begeer ’n sakkige jean met ’n bokserbroek wat bo uitsteek. Sy sny ook haar hare kort en ontwikkel ’n lus na Wimpy-kaasburgers en bloederige steak.

Die skenker (naamloos tot die einde) lewe voort deur Emily en word ’n soort bemoeisieke beskermengel terwyl sy met die pyne en plesiere van adolessensie worstel: “I went to visit little Emily the other night. Dunno. Sounds crap, but she is kinda irritating the living shit out of me. I don’t want her to irritate me, but she is using me, a part of me, without me there is no her. So I do get to have a fucking say, hey.” (bl. 145)
» read more

‘n Onderhoud met Bitterkomix se boere-punks

Bitterkomix 15 ArtworkDie pioniers van uitdagende plaaslike stripkuns, Anton Kannemeyer en Conrad Botes, betree ‘n nuwe fase met hul Bitterkomix-reeks. Danie Marais het hulle uitgevra oor hul planne en die faktore wat hul sukses bepaal. Ons plaas graag ‘n uittreksel van dié onderhoud op ons Boeke-Insig blog. Vir die volledige onderhoud besoek gerus www.boekeinsig.co.za.

Bitterkomix Handbook Bitterkomix 15 het ’n nuwe uitgewer en ’n nuwe katalogus-formaat. Beteken dit ook ’n radikale verandering ten opsigte van die inhoud – ’n nuwe visie en missie?

AK: Die uitgewer is Jacana wat ook die Big Bad Bitterkomix Handbook uitgegee het. Hulle is werklik nogals agtermekaar, ek dink hoofsaaklik omdat hulle van Joburg af kom en nie die Kaap nie. Die nuwe formaat behels ’n dikker boek (96 bladsye in plaas van 60), ’n rugkant (spine), ’n kleurafdeling van 32 bladsye, beter gehalte papier – kortom, hoër produksiewaardes.
» read more

Alles behalwe die geheim van my whiskies

Alles behalwe“Jy kan hierdie boek soos goeie sjokolade benader. As jy genoeg wilskrag het, kan jy die 52 rubrieke – een vir elke week van die jaar – so ’n lekseltjie op ’n slag lees. Maar waarskynlik gaan dit jou so behaag dat jy alles op een slag sal verorber. Toemaar wat, anders as sjokolade, maak dit nie vet en veroorsaak geen skuldgevoelens nie.” – Marita van der Vyver

’n Keur uit Rachelle Greeff se rubrieke wat oor die jare in Die Burger en Rapport verskyn het. Rachelle skryf oor boeke, motorfietsry, kosmaak, kinders, troeteldiere en vleisbraai op nege rooi bakstene. Dikwels wil jy hardop lag, dikwels lees jy iets twee keer omdat dit so mooi en raak gestel is, dikwels kyk jy met ander oë na die wêreld om jou.
» read more

Duitsers is ernstig oor crime, en oor Deon

InfantaDevil's PeakDer Atem des JagersRiana Barnard gesels oor haar en Deon Meyer se ontmoeting by die Frankfurt Boekeskou.

Duisende skougangers dreun voort op groot vervoerbande tussen die sale. “Heito,” hoor ek saam met ’n sagte plukkie aan my mou. Toe ek terugkyk, sien ek die breë gestalte van Deon Meyer wegraak tussen die menigte. Ek kom luister vanmiddag na jou, beduie ek terwyl sy bekende glimlag al kleiner word.

In Halle 4 pryk sy foto opsigtelik teen die blou muur van Aufbau, sy Duitse uitgewer. Deon sluit sy tiendaagse triomftog in Duitsland af met ’n optrede by die Frankfurt Buchmesse. Rustig en ontspanne gesels hy met tientalle aanhangers wat maar net nie genoeg kan kry nie.
» read more

Insig-Boektafels met Ruda Landman

Die Insig-Boektafel met Ruda Landman is dié kwartaal drie kuiergeleenthede saam met Ruda en Etienne van Heerden (Asbesmiddag). Dit sluit in ’n onderhoud met die skrywer, ’n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop. Kaartjies kos R150 per persoon vir lede en R250 per persoon vir nie-lede.

Die etes is op Vrydag 22 Februarie in Bloemfontein by Ilanga Estate (18:30 – 21:00), 23 Februarie in Pretoria by Eat@essence (13:00 – 15:30) en op Sondag 9 Maart op Stellenbosch by Blaauwklippen Vineyards (12:00 – 14:30).
» read more

Welkom by die Boeke-Insig Blog

Anja CarstensBoeke-InsigWelcome to the Boeke-Insig blog! We’ll start in English, for BOOK SA readers who may not be so fluent in Afrikaans.

Boeke-Insig, as many will know, is the new quarterly magazine established to fill the very large shoes of Insig. (For more on that, click here.) It was launched in September and we already have two issues under our belt!

It’s a beautiful publication – only available to subscribers, who, for just R200 a year, get a package of goodies for book lovers like no other: the magazine (a 64-pager), a fortnightly newsletter, R100 off the booking fee to attend the quarterly “Insig-Boektafel” with Ruda Landman, special discounts on books, entry to competitions and full access to our innovative website, which has, among other items, an extensive archive and a handy online book club management tool.
» read more